Selfaktualiseringsbenadering tot bestuursukses binne 'n finansiële instelling
Year: 1996
Type: dissertation
Abstract: Hierdie proefskrif handel oor 'n selfaktualiseringsbenadering tot bestuursukses binne \n'n finansiele instelling. Die stand punt word gehuldig dat bestuurders wat reeds hoer \nvlakke van selfaktualisering bereik het oor die persoonlikheidskenmerke (intrapersoonlike, \ninterpersoonlike en werkskenmerke) beskik wat tot bestuursukses lei. \nHierdie standpunt, wat gegrond is op die uitgangspunte van die humanistiese \nbenadering, is nog nie in finansiele instellings nagevors nie. \nDie volgende literatuurdoelstellings is in hierdie navorsing bereik: \n'n Ge"integreerde beskouing van die vernaamste humanistiese persoonlikheidsteoriee, \nwat dien as metateoretiese raamwerk vir hierdie navorsing, is daargestel. \n- Die konsep selfaktualisering is omskryf en die persoonlikheidskenmerke van die \nselfaktualiserende persoon is ge"identifiseer. \n- Die konsep bestuursukses is omskryf en die persoonlikheidskenmerke van die \nsuksesvolle bestuurder is ge"identifiseer. \n- Meetbare bestuursukseskriteria asook meetinstrumente vir die meet daarvan is \nge"identifiseer. \n'n Psigometriese toetsbattery is saamgestel uit die Algemene Gesondheidsvraelys, \nVerstandelike-helderheidstoets, Sestien-persoonlikheidsfaktorvraelys, Persoonlikeorienteringsvraelys, \nRottervraelys, RGN Gevallestudietegniek-enbesluitnemingsvraelys \nen die Biografiese vraelys. Hierdie meetinstrumente is as \nklassifikasieveranderlikes gebruik om die meetbare komponente van die konstruk \nselfaktualisering by bestuurders van 'n finansiele instelling te meet. \nBesuursukses, as kriteriumveranderlike, is met die prestasiebestuurevaluering- en \nwerknemer -effektiwiteitsvraelys gemeet. \nUit die statistiese analise (meervoudigeregressie-analise) blyk dit dat 15 \nklassifikasieveranderlikes met bestuursukses verband hou. Die meervoudige \nkorrelasie R (aangepas vir getal gevalle en getal klassifikasieveranderlikes) is gelyk \naan 0,54. Daar is dus in hierdie navorsing 'n verband gevind tussen die konsepte \nselfaktualisering en bestuursukses soos gemeet by bestuurders van 'n finansiele \ninstelling. \nVerskeie klassifikasieveranderlikes toon 'n paraboliese verband met bestuursukses. \nDit dui daarop dat 'n relatiewe aanwesigheid of sterkte van spesifieke \npersoonlikheidskenmerke noodsaaklik is vir bestuursukses. lndien 'n sekere \noptimale punt egter oorskry word, het dit 'n nadelige effek op bestuursukses. \nDie gevolgtrekking word gemaak dat die evalueringstegnieke en psigometriese \ninstrumente wat in hierdie navorsing gebruik is en wat 'n verband (reglynig of \nparabolies) met bestuursukses getoon het, binne die finansiele instelling gebruik kan \nword om bestuurders met bestuurspotensiaal te identifiseer. \nAanbevelings is ten opsigte van die gebruikswaarde van die konsep selfaktualisering \nvir die praktyk en vir verdere navorsing geformuleer.
Author: Petrus Michael Esterhuizen
Institution: University of South Africa
Language: Afrikaans
Subfield: Applied Psychology
Field: Psychology
Domain: Social Sciences
Open Access status: green
OpenAlex ID: W215818231
