Saadbevolkings in die grond van die Hester Malan-natuurreservaat in die Namakwalandse Gebroke Veld
Year: 1982
Type: article
Abstract: Seed populations in the soil of the Hester Malan Nature Reserve in the Namaqualand Broken Veld. Soil samples were collected at five different localities in the Hester Malan Nature Reserve in two consecutive years. The seed content of the top 25 mm of soil was higher for the more disturbed localities i.e. the valley, sandy plains and plateau, than for the hills and ridges. All the localities except the sandy plains, had the highest number of viable seeds in the top 25 mm of soil and showed a sharp drop in seed density at greater depths. There was no significant difference in the number of viable seeds in the soil samples that were collected at the same sampling point in the two consecutive years. In both constant and alternating temperatures, germination increased from the high to the low temperatures or temperature combinations. The established seedlings appeared to have no stimulatory or inhibitory effect on the germination of the remaining seeds in the seed bank, but periodic mixing of the soil resulted in a large increase in the number of germinating seeds. A rain spray, equivalent to 50 mm of rain increased the rate of germination within the first few days. S. Afr. J. Bot. 1982, 1: 41 - 50 Grondmonsters is in twee opeenvolgende jare op vyf verskillende lokaliteite in die Hester Malan-natuurreservaat versamel. Die saaddigtheid in die boonste 25 mm grondlaag van die meer versteurde gebiede, te wete die vallei, die sandvlakte en plato, was hoër as dié van die koppies en rante. By al die lokaliteite, behalwe by die sandvlakte, was die digtheid kiemkragtige sade in die boonste 25 mm grondlaag die hoogste en daar was ’n skerp afname met diepte. Geen betekenisvolle verskil is in die digtheid kiemkragtige sade oor die twee jaar by enige toetspunt waargeneem nie. By beide konstante en afwisselende temperature het kieming van die hoë na die lae temperature of temperatuurkombinasies toegeneem. Die bestaande saailinge het geen voor- of nadelige invloed op die kieming van die oorblywende sade uitgeoefen nie, maar periodieke vermenging van die grond het ʼn groot toename in die getal sade wat gekiem het, veroorsaak. ’n Sproeireën-behandeling van 50 mm het die kiemingstempo binne die eerste paar dae versnel. S.·Afr. Tydskr. Plantk. 1982,1 : 41-50
Source: South African Journal of Botany
Authors: W. Margaretha, van Rooyen en, N. Grobbelaar
Institution: University of Pretoria
Language: Afrikaans
Subfield: Plant Science
Domain: Life Sciences
SDGs: Life on land, Zero hunger
Open Access status: hybrid
Estimated APC paid: $2,750
OpenAlex ID: W2490425922
