Work

Ladyman’s Realism, van Fraassen’s Anti-Realism and Fine’s Middle-Way

Year: 2019
Type: dissertation
Abstract: Die doel van hierdie tesis is om die debat tussen wetenskaplike realiste en anti-realiste krities te analiseer en te evalueer.Party denkers betweer dat die debat 'n doodloopstraat bereik het, waar beide partye hulself beroep op self-regverdigende aksiomas.Ek ondersoek of dit wel die geval is.Ek identifiseer James Ladyman en Bas van Fraassen as eksemplare van realisme en anti-realisme.Ek identifiseer ook 'n derde kategorie -verteenwoordig deur Arthur Fine -wat ek die 'middeweg' noem.Die huidige debat in die literatuur handel grootliks oor epistemologie.Die vraag is of ons kennis kan hê insake wetenskaplike onobserveerbare entiteite (bv.trilobeite, bloedselle en die Higgs boson.Die realiste antwoord gewoonlik 'ja', die anti-realiste sê 'nee' en die denkers wat die middeweg volg is gewoonlik agnosties.Daar is ook 'n verwante vraag oor of suksesvolle wetenskaplike teorieë (ten minste meestal) waar is.Die drie partye vroeër genoem antwoord gewoonlik op 'n soortgelyke manier; 'ja', 'nee' en agnosties.In hoofstuk 1 verduidelik ek die drie posisies deur elkeen se genealogie kortliks te verduidelik.Hoofstuk 2 bevat 'n gedetailleerde verduideliking van Ladyman se ontiese strukturele realisme, van Fraassen se konstruktiewe empirisisme, asook die deflationism en/of pluralisme van die middeweg, met 'n spesifieke fokus op Fine se natuurlike ontologiese houding.Ontiese strukturele realisme beweer dat metafikiska kontinu met die wetenskap moet wees.Wetenskaplike metodes bied ons slegs epistemiese toegang tot relasionele strukture, en nie tot essensies van partikuliere nie.Verder, gegewe dat vrae wat die perke van die wetenskap oorskry betekenisloos is, openbaar die perke van epistemologie die perke van ontologie.Suksesvolle wetenskaplike teorieë openbaar dus die ontiese struktuur van die wêreld.Konstruktiewe empirisisme beweer dat ons nie epistemiese toegang tot entiteite wat ervaring transendeer kan kry nie.Mikroskope en soortgelyke instrumente skep die fenomene wat deur wetenskaplikes bestudeer word.Metafisiese spekulasie wat die fenomene transendeer is sinneloos; die korrekte houding jeens onobserveerbare entiteite is ontologiese agnostisisme.Verder, suksesvolle wetenskaplike toerieë is nie waar simpliciter nie, maar is eerder slegs 'empiries genoegsaam'.Die natuurlike ontologiese houding bied 'n deflasionêre posisie wat huldig dat ons eerder moet swyg insake die epistemologie en ontologie van die wetenskap.Daar is geen filosofiese meta-kriteria wat ons kan gebruik om sulke kwessies te beoordeel nie.Die realisme/anti-realisme debat skep 'n valse dichotomie, en om die term 'waarheid' aan 'n wetenskaplike teorie te heg is onnodig.Ek bespreek ook sekere relativistiese en femisistiese filosowe wat onder die saambreelterm van die 'middeweg' gegroepeer kan word.In hoofstuk 3 bespreek ek of, gegewe die bogenoemde bespreking, die bogenoemde posisies 'n epistemiese doodloopstraat is en of enige van die posisies wel die pad vorentoe aandui.My konklusie is dat een van hulle wel belowend, alhoewel steeds onvoltooid, is.
Language: Russian
Open Access status: green
OpenAlex ID: W3003234643
Cites: 116
Cited by:
Related to: 10