Poësie as emosionele brug: ’n ontleding van gedigte vir graad 8 Afrikaans Eerste Addisionele Taal
Year: 2026
Type: article
Abstract: Hierdie artikel ondersoek die opvoedkundige waarde van twee voorgeskrewe gedigte vir graad 8 Afrikaans Eerste Addisionele Taal (EAT), naamlik "Swart Karnaval" deur Nanette van Rooyen en "Valentynsdag" deur Ilze Beukes, met die oog op emosionele ondersteuning aan adolessente leerders.Ons ondersoek die wyse waarop hierdie gedigte selfbewustheid, sosiale bewustheid en verhoudingsvaardighede by leerders kan ontwikkel.Deur middel van literêre ontleding volgens die Combrinkmodel toon ons aan dat beide gedigte betekenisvolle temas bevat wat emosies soos empatie, liefde, angstigheid en kwetsbaarheid onder die loep neem.Die artikel bied praktiese riglyne vir onderwysers en dosente om hierdie gedigte doeltreffend in die klaskamer te gebruik om leerders se emosionele intelligensie en taalvaardighede gelyktydig te ontwikkel.Beide gedigte is ryk opvoedkundige hulpbronne wat tipiese adolessente-ervarings hanteer.Die toepassing van sosiaal-emosionele leer in poësie-onderrig verbeter nie slegs leerders se emosionele welstand nie, maar verhoog ook hul begrip en waardering vir Afrikaanse poësie.Die studie dra by tot die groeiende korpus navorsing oor die terapeutiese en opvoedkundige waarde van poësie in taalonderrig deur 'n perspektief te verskaf wat sowel die taalpedagogiese as die kultuurspesifieke dimensies van poësie-onderrig verreken.Vir onderwysers wat in die Suid-Afrikaanse konteks werk, waar klaskamers dikwels taalkundig en kultureel veelsoortig is, bied hierdie studie 'n model om poësie te gebruik om brûe tussen taal en emosie, asook tussen leerders van verskillende agtergronde wat dieselfde universele emosionele ervarings deel, te bou.Die artikel sluit af met praktiese strategieë vir goeie klaskamertoepassing en riglyne om sosiaal-emosionele leer doeltreffend te integreer.Hierdie benadering beklemtoon die belangrikheid van holistiese taalonderrig wat sowel kognitiewe as affektiewe ontwikkeling integreer en demonstreer hoe literatuur as 'n kragtige instrument vir sosiale en emosionele transformasie in die Afrikaans EAT-klaskamer kan dien.
Authors: Lydia Cathleen Barnett, Emma Groenewald
Institution: Shenyang Pharmaceutical University
Language: Afrikaans
Subfield: Education
Field: Social Sciences
Domain: Social Sciences
SDG: Quality education
Open Access status: bronze
OpenAlex ID: W7225326475
