The evaluation of heterologous eukaryotic expression systems for the production of biocatalytic enzymes
Year: 2008
Type: dissertation
Abstract: Heteroloë geen uitdrukking is van groot belang vir die produksie van proteïene wat van terapeutiese en industriele belang is.Soos die aard van rekombinante proteïene meer ingewikkeld raak en getransformasie-sisteme vir verskeie spesies gevestig raak, is daar 'n groter verskeidenheid van gashere beskikbaar vir geenuitdrukking.Elke sisteem het beide sy voor-en nadele.Hierdie navorsing beklemtoon die voordele wanneer die mees gepaste uitdrukkingssiteem gekies word.Die uitdrukking van verskeie ensieme van biokatalities belang, epoksiedhidrolases, halohidrien dehalogenase, lakkase en mannanase in verskillende gasheersisteme is onderneem en die uitdrukkingsvlakke en aktiwiteite vergelyk.Die ontwikkeling van Yarrowia lipolytica as 'n heelsel biokatalis word beskryf.Y. lipolytica word gebruik vir die funksionele uitdrukking van epoksiedhidrolases (EHs) en halohidrien dehalogenases.EHs is hidroliseringsensieme wat die epoksiede omskakel na aangrensende diole deur middel van ring-opening.Twee nuwe fungi EHs vanaf Rhodosporidiom toruloides NCYC 3181 en NCYC 3158 ('n moontlike Cryptococcus curvatus) is geïdentifiseer en gekloneer.Verdere EHs van verskillende bronne, insluitend bakterieë, giste, fungi en plante, is gekies vir uitdrukking in Y. lipolytica ten einde sy geskiktheid vir die produksie van EHs te bepaal.Multikopie integrante is ook ontwikkel met gene onder beheer van die groei-fase afhanklike hp4d promotor.'n Saccharomyces cerevisiae ras is ook ontwikkel vir die uitdrukking van die EH van Rhodotorula araucariae 4 sodat dit met Y. lipolytica as 'n heelsel biokatalis vergelyk kan word.Hierdie ras was 'n buitengewone swak heelsel 4 Die konstruksie van die S. cerevisiae epoksiedhidrolase-produserende ras is deur Dr Neeresh Rohitlall van CSIR Biosciences gedoen.Die Y. lipolytica epoxied hydrolase rasse is deur die outeur gemaak.
Author: Robyn Roth
Institution: Stellenbosch University
Language: English
Subfield: Molecular Biology
Domain: Life Sciences
Open Access status: green
OpenAlex ID: W763512973
