Estimating the window period and incidence of recently infected HIV patients.
Year: 2009
Type: dissertation
Abstract: OPSOMMINGInsidensie kan gedefinieer word as die koers waarteen nuwe infeksies van 'n virus soos MIV plaasvind en is 'n nuttige beramer van tendense in 'n epidemie.Jaarlikse insidensie kan as 'n proporsie uitgedruk word, naamlik die aantal onlangse infeksies per jaar gedeel deur die aantal mense wat die risiko loop om besmet te word.Hierdie getal onlangse infeksies hang af van die vensterperiode wat gedefinieer word as die tyd vanaf serumomskakeling totdat die infeksie vir die eerste keer as langtermyn geklassifiseer word.Die BED ensiemvasleggingimmuuntoetsprosedure is ontwikkel as 'n metode om te kan onderskei tussen onlangse en langtermyn infeksies.'n Optiese digtheid-meting (OD) word hierdeur verkry.Venster periode is nou gedefinieer as die aantal dae sedert serumomskakeling, met 'n basislyn OD waarde van 0,0476 tot die aantal dae wat dit neem om 'n OD waarde van 0,8 te bereik.Die doel van hierdie studie is om verskillende tegnieke te beskryf waarmee vensterperiode beraam kan word en sodoende alternatiewe beramers van jaarlikse MIV insidensie te verkry.Hierdie verskillende tegnieke word toegepas op verskillende sub-stelle van die Zimbabwe Vitamiene A vir Moeders en Babas (ZVITAMBO) datastel.Die verskillende tegnieke om vensterperiodes te bepaal word beskryf: 'n nie-parametriese oorlewingsanalise-benadering, die passing van 'n algemene gemengde lineêre model in 'n longitudinale opset en 'n Bayes-benadering waardeur waarskynlikheidsverdelings aan die parameters van belang toegeken word.Hierdie tegnieke word toegepas op verskillende sub-stelle en transformasies van die data en die beraamde gemiddelde en mediaan vensterperiodes word verkry en toegepas in die berekening van insidensie.Sonder om enige onderliggende parametriese model vir die vensterperiode te aanvaar, word 'n nie-parametriese oorlewingsanalise-benadering toegepas op hierdie interval gesensoreerde data.Wanneer die data as dubbeld-interval gesensoreerd beskou word, is die beraming van die gemiddelde insidensie baie naby aan die prospektiewe beraming van insidensie.Hierdie beraming mag egter onderworpe wees aan onsekerheid in die regter stertgedeelte en gevolglik iv sal die beraming met die mediaan 'n meer gepaste beraming van sentrale lokaliteit wees.Die passing van 'n gemengde lineêre model op die data mag tot oorberamings van die vensterperiode lei aangesien die optiese digtheid metings min of meer lineêr toeneem oor tyd maar later afplat.'n Eenvoudige transformasie lei tot 'n gemiddelde beraming van insidensie wat redelik ooreenstem met die prospektiewe beraming van insidensie.Die beraamde insidensie met die mediaan stem redelik ooreen met die beraamde insidensie met die behulp van oorlewingsanalise.Standaardfoute vir die beramings van die gemiddelde en mediaan vensterperiode word met behulp van skoenlus-tegnieke verkry.Die gemengde lineêre model word uitgebrei en aangepas deur die Bayes-benadering te beskou.'n Klas van nie-inligtinggewende en toegevoegde apriori-verdelings word vir al die parameters in die model aanvaar.Die Bayes-benadering stel die statistikus in staat om direk die aposteriori-verdeling van die relevante parameters te verkry.Alle inferensie word op hierdie aposteriori-verdeling gebaseer.'n Kombinasie van Gibbs steekproefneming en die Metropolis-Hastings algoritme van die Markov ketting Monte Carlo simulasie prosedure word gebruik om hierdie aposteriori-verdelings te verkry.Gevolglik kan aposteriori-analises met redelike gemak vir beide die vensterperiode en die insidensie gedoen word.v
Author: Cari Du Toit
Institution: Stellenbosch University
Language: English
Subfield: Infectious Diseases
Field: Medicine
Domain: Health Sciences
Open Access status: green
OpenAlex ID: W780267434
