The Importance of Store Image Dimensions in Apparel Retail: Customer and Management Perceptions
Year: 2008
Type: dissertation
Study design: Observational Study
Abstract: The apparel retail environment is highly competitive.Products and services that are easily replicated, together with informed and demanding consumer markets, add to the complexity of this dynamic, fast changing retail and manufacturing industry.One avenue that companies explore to differentiate themselves from the competition is by the development of their corporate identity.A fundamental element of marketing communication and corporate identity representation is store image, as it is a vehicle that affects the customers' perception of the store and the store's identity.To be able to OpsommingDie klere kleinhandelsomgewing is hoogs kompeterend.Produkte en dienste word maklik nageboots en ingeligte en veeleisende verbruikers dra by tot die kompleksiteit van hierdie dinamiese en veranderende kleinhandel-en vervaardigingsbedryf. Een wyse waarop maatskappye poog om hulself van die kompetisie te onderskei, is die ontwikkeling van 'n korporatiewe identiteit.Winkelbeeld is 'n fundamentele bousteen van korporatiewe identiteit en 'n prominente deel van bemarkingskommunikasie.Winkelbeeld verpersoonlik die winkelidentiteit en beïnvloed die verbruiker se persepsie van 'n winkel.Om besteding op winkelbeeld optimaal te benut, moet kleinhandelaars kennis neem van die belangrikheid van die bestuur van winkelbeeld ten einde verkope te verhoog.Die doel van hierdie studie was om die bestaande kennis rondom kleinhandelaarwinkelbeeld en vroue-klereverbruikers in die Wes-Kaap uit te bou, met spesifieke verwysing na die belangrikheid van die dimensies van 'n winkelbeeld.Die navorsingsvraag wat die studie gerig het, is soos volg geformuleer: Hoe word die verskillende dimensies van winkelbeeld deur verbruikers waargeneem en hoe kongruent is die verbruikers en bestuurders se persepsies van winkelbeelddimensies? Die literatuurstudie fokus op die belangrike rol van winkelbeeld in die proses van kleinhandelaardifferensiasie, sowel as die onafhanklike (demografie, lewenstyl, aankooporiëntasie) en afhanklike veranderlikes (aankoopgedrag, winkellojaliteit, verbruikerstevredenheid) in winkelbeeldnavorsing. Kongruensie en gapinganalise word ook bespreek omdat dit die fokus van die navorsingsanalise is.Die Winkelbeeldskaal (Store Image Scale -SIS) is as meetinstrument gebruik.Twee steekproewe bestaande uit bestuurders (n = 14) en verbruikers (n = 200) van 'n modehandelaar is gebruik om die belangrikheid van winkelbeelddimensies te bepaal.Die vraelys is aangepas om die verskillende empiriese doelwitte te bereik.Die verbruikersvraelys wat gebruik is, bestaan uit vyf afdelings en meet die ideale en v werklike winkelbeeld.Die bestuursvraelys bestaan uit twee afdelings ten einde bestuur se persepsie van verbruikers se ideale belangrikheid van winkelbeeld dimensies, te meet.Die data is met behulp van betroubaarheidanalise, beskrywende statistiek en analise van variansie ontleed.Volgens die kliënte se persepsie van die ideale winkelbeeld is Atmosfeer, Handelsware en Dienste die belangrikste dimensies, terwyl bestuurspersepsie Atmosfeer, Promosie en Dienste as die belangrikste dimensies aangedui het.Atmosfeer, Handelsware en Gerief is deur kliënte as die mees aanvaarbare dimensies geïdentifiseer.Die aard van die navorsingsontwerp het die gebruik van kongruensie-analise vereis en dit het kongruensie tussen bestuurders-en verbruikersresponse vir 29 uit 55 attribute getoon.Die kongruensie-analise dui verder aan dat geen statisties beduidende verskille tussen die dimensies Gerief, Institutionele en Verkoopspersoneel voorkom nie.Die gevolgtrekking kan dus gemaak word dat bestuurs-en verbruikerspersepsies ten opsigte van die belangrikheid van die winkelbeeld ooreenstem, maar dat verdere aandag aan spesifieke winkelbeeld-attribute geskenk moet word.Beduidende verskille tussen verbruikers-en bestuurspersepsies ten opsigte van belangrikheid is vir die Promosie-, Handelsware-en Dienstedimensies gevind.Verskeie aanbevelings is op grond van die resultate aan die bestuur voorgestel ten einde moontlike strategiese wysigings aan die bestuur van winkelbeeld te fasiliteer.Hierdie is een van die eerste akademiese studies wat terugvoering gee rakende die effektiwiteit van 'n kleinhandelstrategie en is dus verkennend van aard.Die aanbevelings is daarop gemik om verbruikers se behoeftes aan te spreek, en 'n kompeterende voordeel en unieke markposisie vir die kleinhandelaar te skep, om tot die ontwikkeling en uitbouing van handelsmerkwaarde, winkelkeuse en, gevolglik, verkope by te dra.Verder behoort die resultate ondersteuning te bied vir die ontwikkeling van normstelling rakende die belangrikheid van winkelbeelddimensies in klere kettingwinkels.Dit kan hierdie handelaar in staat stel om 'n winkelbeeld te skep wat aan verbruikers se verwagtinge voldoen en gelyktydig ook die korporatiewe identiteit versterk.
Author: J. Van der Vyver
Language: English
Subfield: Marketing
Domain: Social Sciences
Open Access status: green
Funder: Universiteit Stellenbosch
OpenAlex ID: W1640446111
