Work

Detection of sequence diversity in the CYP2C19 gene of Xhosa South African individuals: An analytical and comparative study including in silico and functional analysis of the 5' flanking region

Year: 2010
Type: dissertation
Study design: Observational Study
Abstract: Die doel van Farmakogenetika is om daadwerklike aandag aan die hoë voorkoms van nadelige geneesmiddel reaksies en mislukte behandelings te skenk en om hierdie voorkoms in Suid-Afrika te verlaag.Die bevolkingsgroepe van Afrika het hoë vlakke van genetiese diversiteit en dus hang die susksesvolle toepassing van Farmakogenetika in Suid-Afrika af van die voorlopige analise van die genetiese profiele van die Suid-Afrikaanse bevolkingsgroepe.Om hierdie rede was die doel van hierdie studie om die geneesmiddel metaboliseerings geen, CYP2C19, in 'n Suid-Afrikaanse Xhosa bevolkingsgroep te karakteriseer.Die CYP2C19 volgorde van 15 Xhosa individue is bepaal om die algemene variasie teenwoordig in die CYP2C19 geen te bevestig.Hierdie variasies is deur verskeie in silico analises geprioritiseer vir verder restriksie fragment lengte polimorfisme (RFLP) genotipering in 85 gesonde Xhosa individue om die frekwensie in 'n groter groep te bevestig, terwyl die kopie aantal variasie teenwoordig in hierdie 100 Xhosas geanaliseer is met Taqman® CNV toetse.Om die in silico data vir die 5'-stroomop variante funksioneel te bevestig, is daar gebruik gemaak van tweedeelige luciferase verklikker toetse.Verder is multi-spesie vergelykings gebruik om 5'-stroomop streke met hoë vlakke van ooreenstemming te identifiseer, terwyl CpG-eiland analise gebruik is om moontlike CpG-eilande in die omgewing van die CYP2C gene te identifiseer.Met behulp van volgorde bepaling van die CYP2C19 geen, is 30 variante geïdentifiseer.Uit hierdie variante was vyf vir die eerste keer met hierdie studie opgespoor.Met die gebruik van RFLP analise, is die alleel definerende variante naamlik CYP2C19*2, CYP2C19*9, CYP2C19*15 and CYP2C19*17, teen 'n frekwensie van 0.21, 0.09, 0.09 en 0.10 in die Xhosa bevolkingsgroep gevind.Verder was die nie-sinonieme variant, V374I, wat vir die eerst keer geïdentifiseer en CYP2C19*28 genoem is, teen 'n frekwensie van 0.01 gevind.Tweedeelige luciferase verklikker toetse het bewys dat die konstruk met die rs7902257 variant 'n beduidende afname in induksie in vergelyking met die "wilde tipe" konstruk gewys het (P = 0.0077).Hierdie variant was CYP2C19*27 genoem en was teen 'n frekwensie van 0.33 in die Xhosa bevolking gevind.Die multi-spesie vergelykings het vier gekonserveerde streke geïdentifiseer wat in LINE L1 herhalende elemente gevind is.Alhoewel CpG-eilande in die omgewing van die CYP2C gene gevind is, kon geen direkte korrelasies gemaak word tussen die veranderinge in uitdrukking van die gene en die teenwoordigheid van die CpG-eilande nie.Die rol van hierdie eilande met betrekking tot epigenetiese regulasie van hierdie gene moet dus nog ontrafel word.v Tot ons kennis het hierdie projek die mees voledige inligting vir CYP2C19 in 'n Suid-Afrikaanse bevolkingsgroep gegee en het bewys dat die Xhosa bevolkingsgroep 'n unieke genetiese profiel vertoon, wat van ander bevolkingsgroepe, insluitend die Kaapse Gemenge Herkoms populasie van Suid-Afrika, verskil het.Indien farmokogenetika suksesvol in die diverse bevolkingsgroepe van Suid-Afrika toegepas kan word, moet daar gebruik gemaak word van nuwe genotipering metodes.vi
Language: English
Subfield: Pharmacology
Open Access status: green
OpenAlex ID: W2157315092
Cites: 223
Cited by: 2
Related to: 10