Work

The effect of oxygen on the composition and microbiology of red wine

Year: 2006
Type: dissertation
Abstract: Die wynbereidingsproses behels verskillende komplekse chemiese en biochemiese prosesse insluitende reaksie waarby suurstof (O 2 ) betrokke is.Suurstof kan deur verskillende wynbereidingprosesse met die wyn in kontak kom en dit kan deur die wynmaker gebruik word om die kwaliteit van rooiwyn te verbeter.In wyn is die hoofsubstrate vir oksidasie fenoliese molekules wat kinone vorm, wat die sensoriese eienskappe van die wyn kan beïnvloed.Suurstof kan in die druiwemos gebruik word om oksideerbare fenoliese komponente te verwyder deur 'n proses genaamd hiperoksidasie en suurstof kan ook tydens gisting bygevoeg word om die fermentasievermoë van die gis te verbeter.Gedurende veroudering van wyn kan gekontroleerde O 2 -byvoegings tot 'n kleurtoename en 'n afname in vrankheid lei.Dit is as gevolg van die vorming van asetaldehied tydens die oksidasie van etanol, wat tot die polimerisasie van tannien-en antosanien-molekules lei.Die byvoeging van te veel O 2 kan egter tot ongewenste oor-oksidasie lei, wat tot die vorming van wangeur aanleiding kan gee.Dit kan ook die ongewenste groei van bederfmikroörganismes soos Brettanomyces en asynsuurbakterieë stimuleer.Alhoewel navorsing op O 2 in wyn al baie jare gelede begin is, is daar nog baie vrae wat beantwoord moet word.Dit sluit in die algemeen die effek wat O 2 het op die fenoliese en sensoriese profiele van veral rooiwyn en die mikrobiologiese samestelling van die wyn tydens veroudering.'n Effektiewe metode om oksidasie in veral rooiwyn te meet, moet ook nog ontwikkel word.In die eerste gedeelte van hierdie studie is die effek wat O 2 en swaweldioksied (SO 2 ) toevoegings op arbitrêr gekose rasse van Brettanomyces bruxellensis (ook bekend as Dekkera bruxellensis) en Acetobacter pasteurianus het, ondersoek.Epifluoressensiemikroskopie en plaattelings het aangedui dat die A. pasteurianus-ras in 'n lewensvatbare, maar nie-kultiveerbare staat ingaan na 'n verlengde periode van storing onder relatiewe anaerobiese kondisies.Hierdie staat kan egter opgehef word deur die byvoeging van O 2 soos wat sou gebeur tydens die oortap van wyn wanneer lug tot die wyn toegevoeg word.Die A. pasteurianus-ras was ook relatief weerstandbiedend teen SO 2 , maar die B. bruxellensis-ras was egter meer sensitief.'n Kort blootstellingstyd aan molekulêre SO 2 het die kultiveerbaarheid van die B. bruxellensis-ras drasties verlaag, maar gebonde SO 2 het geen effek op die kultiveerbaarheid of lewensvatbaarheid van beide organismes gehad nie.Suurstoftoevoeging tot die B. bruxellensis-ras het ook tot 'n drastiese toename in kultiveerbaarheid en lewensvatbaarheid gelei.Dit is duidelik dat die korrekte bestuur van O 2 en SO 2 in die kelder van kritiese belang vir die wynmaker is om wyn te produseer wat nie deur Brettanomyces of asynsuurbakterieë bederf is nie.Hierdie studie behoort by te dra tot die kennis van die faktore wat die groei en oorlewing van Brettanomyces en asynsuurbakterieë beïnvloed.Daar moet egter ingedagte gehou word dat slegs 'n enkele ras van B. bruxellensis en A. pasterurianus in hierdie studie htp://scholar.sun.ac.za gebruik is; om tot 'n klinkklare gevolgtrekking rakende die mikrobiologiese effek van O 2 en SO 2 te kom, sal 'n groter diversiteit van bederforganismes in toekomstige studies ingesluit moet word.Die tweede gedeelte van die studie het gefokus op die effek van mikrooksigenase op die kwaliteit en samestelling van vier Suid-Afrikaanse rooiwyne.Daar is gevind dat mikro-oksigenase gelei het tot 'n toename in die kleurdigtheid en SO 2weerstandbiedende pigmente in die wyne waar die proses begin is net na die voltooing van appelmelksuurgisting.In een van hierdie wyne het 'n proepaneel die behandelde wyne bo die kontrolewyne verkies.In twee wyne waar die mikrooksigenase eers sewe maande na die voltooing van appelmelksuurgisting 'n aanvang geneem het, is baie min toename in kleurdightheid waargeneem.Een van hierdie wyne is in 'n houtvat verouder, waar die fenoliese ontwikkeling basies dieselfde was as dié in die behandelde wyne.Die hout geassosieerde geure was egter ook meer in die vatverouderde wyn as in die mikro-oksigenase behandelde wyne.'n Verlengde behandeling van die wyn het egter tot 'n oorverouderde, geoksideerde aroma in die wyn gelei.Mikro-oksigenase en vatveroudering het ook tot die verlengde oorlewewing van asynsuurbakterieë en Brettanomyces in hierdie wyn gelei.Mikro-oksigenase kan dus op 'n jong rooiwyn deur die wynmaker gebruik word om kwaliteit te verbeter, maar dit moet met sorg in ouer rooiwyne gebruik word.Toekomstige navorsing op mikro-oksigenase behoort daarop gemik te wees om vas te stel of dit 'n houtvat kan simuleer.Verdere navorsing is ook nodig om die volle omvang van die effek van mikro-oksigenase op die sensoriese eienskappe van die wyn te bepaal.Soos reeds genoem, kan die toevoeging van O 2 egter ook tot oksidatiewe bederf van wyn lei.Die bruinkleur van wyn word baie keer as 'n aanduiding van oksidasie gebruik, maar oksidatiewe aromas kan dikwels waargeneem word in rooiwyn voor 'n drastiese toename in die bruinkleur voorkom.Die derde gedeelte van hierdie studie het gefokus op die moontlike gebruik van Fourier Transformasie Infrarooispektroskopie (FTIR) om die verloop van oksidasie in Pinotage-rooiwyn te monitor.Drie wyne is in hierdie studie gebruik en duidelike skeiding tussen die geoksideerde en kontrole wyne is waargeneem deur die FTIR spektrum te verwerk met Hoofkomponentanalise (Principle Component Analysis oftewel PCA).Sensoriese analises op hierdie wyne het hierdie waaneming bevestig, naamlik 'n afname in veral die bessievrug-en koffie-geure en 'n toename in eers die aartappelskil-en later asetaldehied-aromas met die verloop van oksidasie.PCAontledings het ook getoon dat die sigbare spektrum lig nie altyd die verloop van oksidasie so sensitief aangetoon het soos met die gebruik van FTIR nie.Dit het ook met die onvermoë van die paneel om 'n drastiese kleurverandering in die wyn waar te neem ooreengestem.FTIR moet verder ondersoek word as 'n moontlike manier om oksidasie in wyn op te monitor en hierdie studie moet uitgebrei word na wyne gemaak van ander kultivars.
Language: English
Subfield: Food Science
Open Access status: green
OpenAlex ID: W89259181
Cites: 138
Cited by: 10
Related to: 10